Ek sien hierdie pragtige menslike verskynsel.
Jy sien dit, voel dit en hoor dit.
Dit is by tye net n onverklaarbare sosiale konstruksie. Mense wat ten spyte van hul min nogsteeds gee. Mense wat nie gee uit hul oorvloed nie maar uit hul min. In hul min is hul oorvloed eindlik opgesluit.
Dit klink baie keer so paradoksaal, dubbelsinnig en soms onverklaarbaar. In hul min is hul oorvloed opgesluit. Dit is die mooi daad en proses van dankbaarheid -dankbaarheid is n innerlike beweging en transformasie wat uiterlik manifesteer. Dit is n spirituele proses van suiwering en reiniging wat n mooi, vars en nuwe perspektief skep – n nuwe manier van verstaanvorming wat verby die hoogste en diepste redenasie beweeg.
In hul min is hul oorvloed eindlik opgesluit.
Quinton Adams
Dit is n “skynbaar irrasionele denkpatroon” wat harte warm laat klop. Dit kom van n dieper plek, n dieper betekenis en ervaring.
Dankbaardheid is soos “alchemy” wat koper in goud kan verander. Dankbaarheid verander die min in oorvloed. Dit is soos wanneer een pak mieliemeel van 2.5kg deur n huisgesin weer verder opverdeel word vir 4 ander huise. Die een pak 2.5 kg mieliemeel word as oorvloed beskou.
Dankbaarheid is die sleutel tot Oorvloed.



1 Comment
Ons moet gee soos die arm weduwee, haar laaste oortjie. Sy gee nie uit haar oorvlooed, maar liewer uit haar tekort. Dankie Quinton vir jou verruiming van ons ‘mind:
‘